BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

Die onstaan van die Hoërskool begin met n visie wat Pastoor Eddie van die Here ontvang het.

Alles begin in 2012 toe Pastoor Eddie aan die kerkraad voorlê wat die Here op sy hart gelê het. Almal was in die begin baie onseker oor die begin van die skool en ook waar die finansies vandaan sal kom. Pastoor Eddie verseker die kerkraad dat die Here nie iets sal begin wat Hy nie sal klaarmaak nie - ons moet net ons voet op die water kry. Voorstelle was ingedien om die koste te bereken. Planne was saamgestel vir die volgende vergadering. Planne word voorgelê aan die raad om met die fondasie te begin - almal stem en dat daar genoeg fondse is om die fondasie klaar te maak. Sedertdien het ons nooit teruggekyk nie en die eerste fase is klaar met 5 volledige klaskamers.

Dit is nou 'n paar jaar gelede en die tweede fase van die skool is reeds voltooi. Wil weereens vir die Here al die lof en eer gee vir dit wat ons kon vermag - donasies van mense om te help om die klaskamers klaar te kry. Die skool het Januarie 2019 met hul 5de jaar begin en het tans ons derdeGraad 12 klas.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ONS VISIE

Die VISIE van die skool is om opvoeding van ‘n hoë standaard, gegrond op Christelike beginsels, aan die leerders te bied. Hierdie opvoeding word gesien as dié van die verstand, die siel en die liggaam.

 

ONS MISSIE

Die MISSIE van die skool is om:

a) ‘n skool vir die leerders te skep waar hulle opgevoed kan word in ‘n omgewing wat bevorderlik is vir Christelike geloofsoortuigings;

b) ‘n Christelike lewenstyl gebaseer op Bybelse beginsels onder die leerders te bevorder en te stimuleer;

c.) ‘n ligbaken vir die gemeenskap te wees en

d.) uitnemendheid in akademie na te streef.

 

Kontak Skool

 

© BECA - 2024 | Links | Bet-el Christelike Akademie

Website Development by ZaWeb Designs