DIE GEMEENTES VAN CHRISTUS KLIEK LINK HIERONDER
DIE GEMEENTES VAN CHRISTUS
ONS VISIE
Die VISIE van die skool is om opvoeding van ‘n hoë standaard, gegrond op Christelike beginsels, aan die leerders te bied. Hierdie opvoeding word gesien as dié van die verstand, die siel en die liggaam.
ONS MISSIE
Die MISSIE van die skool is om:
a) ‘n skool vir die leerders te skep waar hulle opgevoed kan word in ‘n omgewing wat bevorderlik is vir Christelike geloofsoortuigings;
b) ‘n Christelike lewenstyl gebaseer op Bybelse beginsels onder die leerders te bevorder en te stimuleer;
c.) ‘n ligbaken vir die gemeenskap te wees en
d.) uitnemendheid in akademie na te streef.