Marle de Kock
     

Bet-el is 'n fantastiese skool, waar leerders nie net na akademie strewe nie, maar saam as 'n familie groei. BECA is 'n skool met goeie waardes, geloof en onderwysers wat hul leerders se belange eerste sit. Hulle ondersteun hul leerders en vertroos hulle in moeilike tye. BECA is nie net 'n skool nie, dis waar ons kinders hul voete vind en ontwikkel in die suksesvolle mense wie nog ver sal kom, want by BECA is dit nie net oor akademie nie, maar familie. Hulle is 'n familie wat mekaar lief het, ondersteun en dra, maar meeste van alles, hul skool se waardes met trots dra.

Sonnika de Vos
     

My kinders is nou al twee jaar in Bet-el Christelike Akademie. Dit was die beste besluit wat ons as ouers kon maak. Die onderwysers is baie spesiaal en niks is ooit vir hulle te veel nie. Die liefde en aanvaarding wat die onderwysers teenoor my kinders en ons as ouers bewys sal jy nêrens anders kry nie. Die klein klassies maak van die skool 'n familie waar elke kind persoonlike aandag kan kry. Die skool leef sy Christelike waardes uit op 'n daaglikse basis en op akademiese gebied streef hulle daarna om elke kind te help om sy volle potensiaal te bereik. Die vakkeuses vir Gr. 10 - 12 is gemik op die moderne samelewing en rus die kinders toe met vaardighede wat hulle elke dag kan gebruik. Kinders kan aan sport en kultuur deelneem, maar dis nooit ten koste van akademie nie. As jou kind se akademiese, godsdienstige, emosionele en sosiaal ontwikkeling vir jou belangrik is, is Bet-el Christelike Akademie die skool vir julle. Baie dankie BECA vir alles wat julle vir my kinders en ons as ouers beteken.

Ouma en Oupa Perks
     

As groot ouers van ons kleindogter, kan ek in 'n paar woorde sê: Ons kleindogter, Bianca Maritz, praat net met lof van BECA. Sy is nou in graad 11 en steeds is sy vol lof en sal nooit 'n ander skool wil hê as hierdie nie. Sy leef na aan die Here en word gestimuleer deur haar geloof in haar werk en die onderwysers in BECA. Die werk raak moeiliker, maar die hulp is altyd daar vir haar. Ons is ongelooflik trots op BECA waar ons kind 'n duidike pad uitgekap het vir haarself en ander kinders. Waar sy ook al kom en gevra word, beveel sy BECA met lof aan en moedig ouers aan om hul kinders soontoe te stuur! Ons is trots op BECA-skool, onderwysers en sy leerders! Dankie BECA!

Estie Rudolph
     

My seun is in graad 8 hierdie jaar by BECA en hy is nie dieselfde kind as wat hy was toe hy dag een daar ingestap het nie. Op sy eerste dag, het hy gesê hy is bang om in te gaan, want hy ken niemand nie. Ek moes huistoe jaag om sy skoolbaadjie te gaan haal en moes hom daar los. Ek het nie geweet of my kind oukei gaan wees daar alleen nie. Wel, ek was geskok toe ek in loop en daar staan hy in 'n groep met seuns en meisies en lag en gesels. My eerste vraag was, is hierdie my kind? As julle my kind geken het toe hy in laerskool was, sou julle verstaan. Hy was hierdie skaam, stil kind wat 'n regte "wall flower" was. Maar vandat hy in BECA is, is sy selfvertroue baie beter en hy praat meer. BECA is 'n amazing skool. Dit is soos een groot familie en die kinders gaan die ekstra myl om kinders welkom te laat voel. Die klasse is klein en kinders voel meer gemaklik, want hulle is nie net 'n nommer nie. Dan kom die geestelike aspek en my kind kan nie wag vir 'n Dinsdag nie, want dan het hulle Praise en Worship in 'n periode. Die akademie is ook fantasties en die onderwysers is amazing. Ek kan regtig BECA aanbeveel en weet sommer my seun gaan groei in elke aspek van sy lewe en so sal enige kind wat deel van die familie word. Vir my is dit die beste skool vir my kind en ek glo baie ander ouers voel dieselfde. Go BECA!

Yolande Fourie
     

By BECA is ons almal een groot familie, wat lekker saam werk. Ek het hierdie skool gekies oor die feit dat dit 'n Christelike skool is, met Christelike waardes. Die klasse is klein, sodat kinders meer aandag kan kry.