Agtergrond

Ek groet u in die kosbare naam van ons Heer Jesus Christus. Net `n  bietjie agtergrond rakende gebeure in die gemeente asook van ons as herderspaar. Ek het as  kind groot geword in die gemeente en was ook deel van die Sondagskool. Het later as Sondagskool onderwyser gedien. Na en gedurende die sondagskool ook betrokke by die jeug, Visie Jeug leier en ook dan later jeugleier van die gemeente. 

Ek en Linda is in 1980 getroud en is geseënd met twee kinders, Shaun en Chantelle. Linda het my haar volle ondersteuning gegee met die Jeug en het ook sondagskool gegee. 

Ek was ook deel van die bestuursraad gewees. In 1986 het ons verhuis na Kempton Park onder die bediening van Past Piet le Grange. Daar was ons ook betrokke as sondagskool personeel en Jeugleier asook die bestuursraad. Ek het saam met Past Piet le Grange opleiding ontvang as `n dosent in EE111. In 1991 het ons terug verhuis Port Elizabeth toe en weer die pos van Jeugleier sowel as bestuursraad lid opgeneem later ook die posisie van sondagskool superintendent beklee.

In 2002 het ek verskeie ander dinominasies besoek waar ek betrokke geraak het met woordskool. In 2002 besoek ek die PPK gemeente en verneem dat hulle graag `n Bybel Kollege wil begin, ek het dadelik  `n ontmoeting gereel tussen Past Boet Schafer en Past George Swanepoel. Ons het sederdien n bybelskool op die perseel waar mense opgelei word vir die Koningkryk van God.

PST EDDIE PRINSLOO

Speel vir die Koninkryk


 8 Kerkgroeibeginsels

Wat sê God m.b.t. natuurlike groei ?

Markus: 4: 26-29

Mar 4:26  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; 

Mar 4:27  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. 

Mar 4:28  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar. 

Mar 4:29  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Die mens kan net saai en bewerk Maar God alleen laat groei

1 Kor 3:6  Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. 

1 Kor 3:7  So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. 

 

1. Passievolle Geestelikheid

Die intimiteit van ons verhouding met Jesus bepaal ons passievolheid.

Deut 6: 5,6 & 7 , Rom12: 11-12

**********

2. Heilige Gees Geïnspireerde Eredienste

Geïnspireerde aanbidding moet in Gees en in Waarheid geskied.

Joh 4:23-24, Ef 5:8-10, Ps 96: 1-4

**********

3. Liefdevolle verhoudinge

Liefde is die middelpunt van die Christelike Geloof

1 Joh 4:8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. 

Joh 13:35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. 

Ps 33: 4-5, 1 Joh 4:19, Joh 13:34

**********

4. Holistiese kleingroepe

Die mens is 'n verhoudingswese en wil liefde gee en ontvang en êrens behoort.

Joh:13:35, Joh 15:9-10 , Joh15:13 Mark 3:14, Hand 2:42, Hand 2:46

Ef 5:1-2, Mark 12:29-31, 1 Kor 12:12 Mat 18:20, Ef 2:19-22

**********

5. Behoefte Georiënteerde Evangelisasie

Mat 28:19. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Mark 16: 15-16, Joh 20:21, Hand 4:12, Joh 17:18, Mat 24:14, 2 Pet 3:9, 

1 Pet 2:21, Luk 4:18-19, Jes 61:1-3, Luk 14:12-24, Jak 2:15-17, Mat 25:31-41

**********

6. Gawe Georiënteerde Bedieninge

Ondek jou Godgegewe gawe/s

Ef 4:11, Rom12:6-8, 1 Kor 12: 8-10, 1 Kor 12:27-31, 1 Pet 4:9-11,Mat 10:1

 Ps 150:3-5, Eks 31:3, 1 Sam 16:15-23, 2 Tim 1:6

**********

7. Leierskapbemagtiging 

Behels die ontsluiting van die verborge leierskappotensiaal wat reeds voor geboorte in die mens geplaas is. Jer 1:5

2 Tim 2:1-2, Hand :1:8, Mat 11:8-11, Mark 3:14, Luk 6:13, Mat 10:1

**********

8. Funksionele strukture

Funksionele strukture moet binne elke bediening en groeibeginsel bestaan tot uitvoering van die misie,visie en doelwitte.

Num 11:11,16.17, Hand 6: 1-4, Eks 18: 17-25

**********

DIE GEMEENTES VAN CHRISTUS
139 Vanderstellaan
Kabega Park
Port Elizabeth
Pastoor - eddie.prinsloo1955@gmail.com
Skool Kantoor - beca@501.co.za
Kerk Kantoor - betel@501.co.za
Kerk Kantoor Tel: 041-360-3424
Pastoor Eddie Cell: 084-510-9734

My Spasie

Neem asb kennis dat die dienste by die kerk weer terug is na normaal.

Sondag Oggend 09:30 en Aand Diens is 18:30.

Sondag Oggend boodskap sal live gestream word om 09:55 op Die Gemeentes V Christus se YouTube bladsy dgvc Kabega link sal ook op Facebook geplaas word.

Pst Eddie Prinsloo

DIE HERE SEEN JULLE
Edit 01/02/2022

 

© BECA - 2024 | Links | Pst Eddie Prinsloo

Website Development by ZaWeb Designs